Wednesday, September 9, 2009

Dag 19 / Day 19

Ek sien nie kans vir die gaotiese verkeer vandag nie en besluit om Dar Es Salaam te vermy en Bagamoyo toe te ry oor Msata. Onwetend dat ek 60km slegte grondpad gaan kry tussen Msata en Bagamoyo waar die “bike” letterlik en figuurlik uit mekaar geskud het. Soveel so dat een boud aan weerskante van die "pannier rack" mors afgebreek het.

Ons probeer verder ook om ‘n veilige plekkie te kry vir “Ou Bees” terwyl ek in Zanzibar gaan rus. Weereens kom “Ray Muller” tot ons redding en maak kontak met “Alwyn” die bestuurder van die White Sands Hotel tussen Bagamoyo en Dar es Salaam, om my verder te help soek vir ‘n band.

O, Ja voor ek vergeet hier noem hulle ‘n bike 'n “Piki Piki” . Was dit nie vir iets soos “crash bars” nie was hierdie Piki Piki van my in sy @#%**. So moet ek hulle met ‘n rubber hamer reg dokter. Ou “Piki Piki” gaan nooit weer dieselfde wees nie. "Duct tape" en "cable ties" is wonderlike goed.

-----------------------

Not up to the chaotic traffic in Dar Es Salaam, I decided to travel to Bagamoyo via Msata. But little did I know that 60km will be very bad dirt road. This is where my bike rattled and vibrated so much so that one of the bolts on either side on the pannier rack snapped off.

Again our friend “Ray Muller” saved the day by arranging with “Alwyn” Manager at the White Sands Hotel between Bagamoyo and Dar es Salaam to assist me further with my repairs and tyre problems.

Before I forget, a bike is called a “Piki Piki”. If it wasn't for my “crash bars” this Piki Piki of mine would be %^*^&. This is where my rubber mallet becomes a doctor. This Piki Piki will never ever be the same. Duct tape and cable ties are wonderful things.


Broken Pannier Rack Bolts


Gravel Road To Bagamoyo

No comments:

Post a Comment