Wednesday, September 23, 2009

Dag 27 / Day 27

Vertrek uit Dar es Salaam so omstreeks 05:15am en besluit om tot in Arusha te ry, so ongeveer 665 km, wat my in die omgewing van 10 ure neem. So ry ek verby mount Kilimanjaro net buite Moshi, maar kan ongelukkig nie eens ‘n foto neem as gevolg van al die deinserigheid en lae wolke nie. Sal dit maar los vir ‘n volgende trip. Snaaks genoeg die twee Duitse motorfiets ryers wat ek in Karonga, Malawi ontmoet het, het hoog en laag gesweer Mount Kilimanjaro bestaan nie, aangesien hulle ‘n dag of twee in die area gespandeer het en nooit werklik die berg kon sien nie.
Arriveer in Arusha omstreeks half vier die midddag, en oornag by Jajebo Lodge - waar ek Boniface, ‘n Keniaan en bestuurder by die lodge ontmoet. Wel ek moes uitvind hy kom van ‘n dorpie tussen Marsebit en Mojale (op my roete). Hy het nie goeie dinge gehad het om te se oor die pad se kondisie en die moontlikheid van "bandits" langs die pad nie. Nie baie gerustellend om te hoor nie moet ek sĂȘ. Hy vertel my ook dat die “Clock Tower” in die middel van Arusha die "amptelike halfpad merk" tussen Kaapstad en Cairo is en dat ek defnitief daar ‘n draai moet maak en ‘n foto neem. Wat ek toe die volgende oggend oppad uit doen, bestemming Nairobi Kenia.

--------------------------------------------

Departure from Dar es Salaam at 5:15, I decided to travel to Arusha, a mere 665km, and a ten hour drive for me. When I reached Kilimanjaro just outside Moshi I could not even take a picture due to the low and dense clouds. Maybe I will get lucky on my next trip. Funny enough the two riders from Germany that I met in Karonga, Malawi firmly believe that Mount Kilimanjaro does not exist. They spent two days and could never really see any mountain.
I arrived Safely in Arusha at 3:30 the afternoon and stayed over at Jajebo Lodge. Here I met Boniface the Kenyan Manager of the Lodge. He informed me that he comes from a little town between Marsebit and Moyale, (on my route). He warned me about the bad road conditions and the possibility of bandits. Leaving me with a somewhat uneasy feeling. He also told me to visit the Clock Tower in the middle of Arusha and that this is acknowledged as the halfway mark between Cape Town and Cairo. So I did take that picture the next morning before I left for Nairobi Kenya.




Arusha Clock Tower


Boniface - Manager At Pamoja


Tanzanian Mountain Range


Tanzanian Sisal Crops


Brewing Storm South Of Moshi - Tanzania

No comments:

Post a Comment